Drie Maal Een Is Een deur Piet Naude
Die logika van getalle sê drie maal een is drie. Die logika van die geloof sê egter drie maal een is een. Want God is Een, maar tog ook Drie. Hierdie boek maak nie van geloof ‘n koue logiese dogma nie, maar vertel in die eerste deel liewer van ‘n reis saam met God.
In die tweede deel word oor hierdie God nagedink en gewonder. Hoe kan ons ons fokus op God hou as God self op die spel is? Hoe kan ons met die Bybel omgaan sodat ons God helderder kan sien? En wat sê dit alles vir kerke vandag?

