Die Dinge van n Kind deur Marita van der Vyver (Hardeband)
Dinge van ‘n Kind is ‘n onthutsend eerlike boek oor die begin van vrouwees en die verlies van onskuld op seksuele, politieke en morele vlak.
Melani se Wens deur Anita Visser
Melani kan nie vir haar man ’n erfgenaam gee nie, en volgens hom is sy vanweë haar onvrugbaarheid ’n leë dop. Na ’n pynlike egskeiding is sy gebroke, hartseer en verneder. Dan ontmoet sy vir Leon Bornmann, en word opnuut met haar onvrugbaarheid gekonfronteer…
Handgeld vir Geluk deur Ann Hite Kemp
Erla is op die punt om aan haar stiefbroer Ferdi verloof te raak. Dan gooi haar pa se baie eienaardige testament en die vyf vreemdelinge wat ook van hom erf, alles omver. Dis veral die sjarmante Mourits Maritz wat Erla dinge laat ervaar wat voorheen vir haar onbekend was.
Towerspreuk van die Liefde deur Ilse Steyn
Bianca skets haarself in ’n advertensie as iemand met onberispelike smaak en flair wat ’n opwindende werksomgewing soek, en beland in die kantore van Grant Ramsey, ’n bitter sexy Skot. Die empatiese Andrea, ’n au pair met ’n sagte plek vir probleemkinders, loop onwetend reguit in haar verswygde verlede in, en die beeldskone model, Lara, word ’n droomkontrak aangebied deur ’n man voor wie sy maklik sou swig as hy nie gay was nie.
‘n Man soos Hanno deur Bep du Toit
Maryna en Hanno het saam grootgeword en almal het aanvaar hulle sal eendag trou. Toe haar wewenaarpa weer trou en dit dus die ideale tyd is vir Hanno en Maryna om af te haak, begin die vanselfsprekendheid van haar lewe Maryna beklem.
Prins van Harte deur Jacqueline Brink
Die sexy Esmarié Lategan, op 27 een van die gedugste televisie-aanbieders in die land, kry ’n opdrag om te gaan soek na die nuwe Suid-Afrikaanse man. Dié beeld van ’n man sal gebruik word om die nuwe beeld van hulle TV-stasie uit te dra. En toe sy Meneer Perfek op ’n Bolandse wynplaas ontmoet, besluit sy sy kán hom nie aan Hedwig uitlewer nie…
Net ‘n Handvol Liefdeskrummels deur Anna Howarth
Hein en Alta het mekaar sedert hulle eerste ontmoeting op Stellenbosch lief, maar nou is Alta met die hardvogtige Ben getroud en Hein met Bets, die moeder van sy kind. En nou is Alta Hein se pasiënt, en hulle het mekaar nog net so lief… Albei wil die huwelik as heilige instelling respekteer, maar sal hulle sterk genoeg wees om die krag van hulle liefde te weerstaan?
In die Visier deur Bets Smith
Die brose, fyn Helene en die ryk, sjarmante Philip Terblanche het volgens die media ’n sprokieshuwelik gehad. Nie eens hulle intiemste vriende weet dat hy haar so erg aangerand het dat sy haar baba op sewe maande verloor het nie. Sy vlug, maar word onwetend die teiken van iets baie gevaarlikers, en haar pad kruis weer met Wim Swart s’n…
Koms van die Engel deur Frieda de Villiers
De Bron is ’n plaas met ’n warmwaterbron wat reeds geslagte lank aan die Walters-familie behoort. Die jigbad het verval en “die kuur van die waters” word nie meer dikwels opgesoek nie – kortom, die plaas is op die punt van bankrotskap… Tot die dag dat ’n gas, Liena Oosthuizen, ’n engel gewaar en verklaar dat haar pynlike knieë nou gesond is. Die plaaseienaar se vrou, Magda, ken ’n geldmaakgeleentheid as sy een sien en spoedig stroom gaste na die plaas om genees te raak. De Bron word ’n plek waar verrassings die norm word.
Koms van die engel is ’n heerlike verhaal propvol intrige, romanse, humor en lewensinsig.
Ankers teen die Stormwind deur Kobie van Niekerk
Dokter Tess Joubert moet die spoke van die verlede trotseer toe haar oorlede sus se dogtertjie, Ariël, by haar kom bly. Lukaskop het nog nie die tragiese gebeure rondom die skandaal vergeet óf vergewe nie, en voor in die koor is die aantreklike Gerhard Steenberg…




