Gesoek: Heidrich Ritter deur Martie de Villiers
Uma duik graag omdat dit vir haar lekker is. Nooit sou sy kon droom dat sy aan die Seekus van die Dood ’n duikboot sou vind nie — en boonop iets daarbinne wat hulle almal se lewens sou verander. ’n Spanningsverhaal wat boei tot op die laaste bladsy!
Silwer, Jakkals van die Namib deur Pieter Pieterse
Toe Silwer die wit bakkie sien stilhou, steur sy haar nie veel daaraan nie. Die jakkalse van Kaap Kruis is gewoond aan mense en voertuie. Sy hou aan met krap. Want ook in haar het ‘n dodelike parasiet begin vreet.
Sy sien nie die geweerloop wat stadig by die venster uitgesteek word nie. Maar van die dowwe slag van die skoot weet sy. En van die versengende brand in haar boud…
So kom die eerste ontmoeting tussen Silwer en die twee jong veldbeamptes, Soois Fenske en Juanita Dala, wat die brandsiek jakkals naspoor.
Nag van die Tarentale deur Pieter Pieterse
Vier mense pak te voet ‘n tog van vierhonderd kilometer aan.
Vir Kobus en Lindie het ‘n bergklimuitstappie tydens ‘n skoolvakansie in ‘n nagmerrietog verander toe hulle in die hande van ‘n ontsnapte misdadiger beland. Kobus word gyselaar en gids, wie se lewe iets werd is net tot hulle hul bestemming bereik. Lindie, stadsmens en rykmansdogter, moet vir die eerste keer ontbering deurstaan.
Willem Steyn is van moord aangekla, en moet tot elke prys uit die land ontsnap – hy en die beeldskone maar verwaarloosde vrou Nora, vir wie hy die enigste toevlug is in ‘n ankerlose bestaan.




