Sal die Regte Jesus opstaan Asseblief deur Johan Cilliers
In hierdie boek met sy 52 besinnings oor Jesus, een vir elke week van die jaar, keer Johan Cilliers opnuut terug na ons enigste betroubare bron oor Jesus, die Bybel. Ten spyte van die karige biografiese besonderhede oor Jesus, bevat dit tog alles oor Hom: Hy is God en mens, uniek, Verlosser uit sonde en nood, skuld en dood.
Lewe met Perspektief deur Braam Hanekom
Sosioloe is dit eens dat transformasie en verandering baie meer is as wat op die oomblik in Suid-Afrika plaasvind. Dit is ‘n wereldwye verskynsel in die sin dat een wereldorde besig is om met ‘n nuwe een vervang te word. In so ‘n tyd is perspektief onverhandelbaar.
Gelowiges is veral op soek na ‘n greep op die werklikheid en identiteit. Hulle wil verstaan wat aan die gebeur is, maar wil terselftertyd ook duidelike riglyne uit die Skrif he oor hoe om hulle lewe in te rig.
Drie Maal Een Is Een deur Piet Naude
Die logika van getalle sê drie maal een is drie. Die logika van die geloof sê egter drie maal een is een. Want God is Een, maar tog ook Drie. Hierdie boek maak nie van geloof ‘n koue logiese dogma nie, maar vertel in die eerste deel liewer van ‘n reis saam met God.
In die tweede deel word oor hierdie God nagedink en gewonder. Hoe kan ons ons fokus op God hou as God self op die spel is? Hoe kan ons met die Bybel omgaan sodat ons God helderder kan sien? En wat sê dit alles vir kerke vandag?
Leef met Oorgawe deur David Jeremiah
Dit voel dikwels vir baie van ons of ons lewe iets belangriks kortkom. Ons verloor gou moed en word vasgevang deur besig wees, verveling, middelmatigheid en roetine. En tog sien ons soms in iemand anders daardie besondere kwaliteit van entoesiasme.
In hierdie boek wys dr. David Jeremiah hoe ‘n mens ‘n lewe van hoop en entoesiasme, passie en geesdrif, ‘n lewe van oorgawe kan leef. Daarsonder leef ons nie werklik nie. Dit is die krag en bewys dat God in ons lewe aan die werk is.
Vanuit My Hart – Kies ‘n Doelgerigte en Passievolle Lewe deur Robin McGraw
In Vanuit my hart spreek Robin McGraw vroue aan en inspireer hulle om die talle rolle wat hulle moet vertolk, aan te gryp. Sy moedig vroue aan om daadwerklik en bewustelik keuses te maak om ‘n ryker, gelukkiger en meer betekenisvolle lewe te lei.
Robin deel inspirerende verhale en gee eenvoudige wysheid vanuit haar hart wat spruit uit haar eie ervarings. Sy dek onder meer onderwerpe soos:
Die hart en verstand van die vrou
Die hart van die dogter
Die hart wat die man gelukkig hou
Die hart vol selfvertroue
Die hart van die huis
Language: Afrikaans
Author: McGraw, Robin
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 208 Year: 2007
Cover: Sagteband
ISBN nr: 9781415301265
Die boek is in ‘n uitstekende toestand.
Gewig: 300g




