Bittersoet deur Natasha Sutherland
In dié inspirerende boek skryf Natasha oor haar ervarings, gedagtes en sielereis. Dié verhale van verandering is hartsgeheime van ’n enkelvrou oor haar aanbeweeg van “Gebreek”, na “Verbind” tot om “Bevry” te wees.
Natasha Sutherland was die prinses wat met haar droomprins, ’n bekende Afrikaanse popsanger, getroud was en twee kroonprinsies en ’n suksesvolle beroep as aktrise en programvervaardiger in balans kon hou. Sy was dit alles en meer. Maar die sprokie van haar lewe het ten aanskou van die hele land verbrokkel. Almal weet van die dramas, die affairs en die egskeiding wat volg.
In die drie dele kan jy lees oor …
Aanvanklik lees ’n mens Natasha se Bittersoet belydenisse omdat jy nuuskierig is en meer oor die vrou agter al die drama en sensasie wil weet. Maar na net enkele bladsye weet jy hierdie is nie ’n outobiografie nie. Dit is woorde wat gebore is uit ’n wyse en kosbare hart en wat jou siel aanraak. Woorde wat hoe jy dink en voel oor die liefde, lewe en alles tussenin – soos vergifnis – vir altyd sal verander.
Publisher: Carpe Diem Boeke
ISBN: 9781770311374
Publication date: June 2009
Weight: 345g
Die boek is in ‘n goeie toestand met wrywingsmerke op die kante van die buiteblad.
R25 shipping is charged on books weighing less than 1kg. Where possible I have included each book’s weight in grams for your convenience. When funds have cleared in my account, your book/s will be posted within 4 working days, excluding weekends and public holidays. Please add R10 for every additional kilogram or part thereof.




